Grey Kollege Primêr verwelkom nuwe personeellid
ADVERTISEMENT
VERWELKOMING:
Mnr. Divan Visser
Grey Kollege Primêr is trots om Mnr. Divan Visser en familie, sy vrou Andrea en seun Malan as die nuutste lid van ons dinamiese personeelkorps te verwelkom!
Mnr. Divan het sy graad in BCom Ondernemingsbestuur en Entrepreneurskap verwerf en daarna sy NGOS voltooi. Sy loopbaan in die onderwys het in 2017 by Laerskool M.L. Fick begin, waar hy die afgelope twee jaar die adjunkhoof was.
Sy betrokkenheid by sport spreek boekdele en dit is duidelik dat hy ‘n groot liefde daarvoor het.
Hy was betrokke by rugby met die afrigting van die Luiperds, ‘n ervare skeidsregter wat onder die top 10 is en was ook aktief betrokke by die bestuur van rugby en krieket in Potchefstroom.
Ons sien daarna uit om saam met hom aan die toekoms van Grey Primêr te bou – in die klaskamer asook op die sportveld. Welkom by die Grey-familie, Mnr. Visser!










