LS Boerefort se Senior revue 3de plek tydens Kaleidoskoop kompetisie
ADVERTISEMENT
Na talle laataande en ure se oefening agter die rug behaal Laerskool Boerefort se Senior revue 3de plek tydens die Kaleidoskoop kompetisie in die Staatsteater. Die Senior revue het in 2019 deurgedring na die finale, maar dit is die eerste keer in 15 jaar wat ons ‘n plek behaal het. Dit is ‘n riem onder die hart dat ons na 2 jaar a.g.v. Covid-inperkings en geen kultuur-aktiwiteite dadelik weer in die finaal was en ‘n plek behaal het in dié gesogte kompetisie. Dit is lekker om te beleef dat soveel mense, asook die organiseerders van die kompetisie, opreg saam in ons vreugde deel.
Hierdie produksie sou nie moontlik gewees het sonder Juffrou Sandrinette Pretorius se visie en haar twee regterhande, Me. Annelie Broodryk en Me. Debbie Goosen nie. Die leerders het hulle absolute beste na die verhoog gebring en lewe gegee aan hulle tema “How to build a dancer”.










