Gereformeerde Skool Dirk Postma behaal derde plek in spanskaak
ADVERTISEMENT
Die Gereformeerde Skool Dirk Postma het die derde plek verwower in die jaarlikse Spanskaak-kampioenskappe in Pretoria. Hierdie jaar is dit in die Kolonnade gehou – dit was ‘n groot sukses en die nuwe venue was ‘n wenner.
Mnr Marinus de Feijter het hard gewerk en sy jarelange moeite en afrigting het beslis vir Dirk Postma vrugte afgewerp. Eerste plek is deur Hoërskool Montana verower en die silwer medalje-wenners was Hoërskool Waterkloof se A-span. Ons is trots op Dirk Postma se span wat so mooi presteer het.









