‘n Toekomstige Hoërskool Fichardtpark leerder skitter in skaak
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Kayla Nel, ’n toekomstige Hoërskool Fichardtpark leerder en Fichie Huis-leerder in 2026, met haar uitstekende prestasie by die SA Skaakkampioenskappe. Kayla het van 17 tot 20 Desember aan die toernooi in Gqeberha (Port Elizabeth) deelgeneem en ’n eerste plek (goud) in die individuele afdeling verower. Sy het ’n indrukwekkende 5,5 uit 6 punte behaal. Ons is ongelooflik trots op jou, Kayla, en sien uit daarna om jou in 2026 as ’n Fichie te verwelkom!












