Die immergewilde skryfster besoek Laerskool Swartkop
ADVERTISEMENT
Die immergewilde skryfster Jacolene du Plooy het onlangs ’n besoek afgelê by Laerskool Swartkop grondslagfase. Ons Swarries is op ’n opwindende avontuur geneem met haar geliefde reeks “Die Seerowers”. Baie dankie vir jou besoek, Jacolene. Ons het jou kuiertjie vreeslik geniet en waardeer die inspirasie wat jy vir ons jong lesers gebring het!











