Curro Uitzicht trots op leerder se rugby prestasie
ADVERTISEMENT
Curro Durbanville se 0.13 A span het teen Curro Mosselbaai se 0.13A in Mosselbaai rugby gespeel. Kyle Rosslee ‘n leerder van Curro Uitzicht speel vir die 2de jaar in Curro Durbanville se 0.13 A-span as 8 ste man. Hy is ook die enigste leerling van Curro Uitzicht wat in die eerste span speel. Kyle het ‘n pragtige drie gedruk in die wedstryd teen Curro Mosselbaai , maar die eindtelling was ongelukkig 22/21 teen die besoekers. Curro Uitzicht is baie trots op Kyle se prestasie en hou sy vordering met belangstelling dop.











