Bethlehem Voortrekker 1ste netbalspan presteer in Sentraal netbaltoernooi
ADVERTISEMENT
Bethlehem Voortrekker Hoërskool 1ste netbalspan presteer baie goed in die Sentraal netbaltoernooi wat plaasgevind het gedurende 30 April – 2 Mei 2022. Uit 14 deelnemende skole eindig hul 4de in hul poel van 7 skole, na oorwinnings oor Upington, Kalahari, Jim Fouche (gelykop) en wen in uitspeelrondte 23-15 teen Pearson. Voortrekker behaal algeheel ‘n 7de plek. Baie trots!
Deelnemende skole:
- Noordheuwel
- Kalahari
- Jim Fouche
- Fichardtpark
- Trio
- Pearson
- Helpmekaar
- Wilgerivier
- Duineveld
- Pietersburg
- Upington
- Oos-Moot
- Oranje
- Voortrekker.
Daar was 5 Vrystaatse skole – uit hulle lê BVHS tweede: Oranje, BVHS, JF, Trio, Wilgerivier
1ste netbalspan: Voor vlnr: Megan Dempsey, Maricha du Plooy, Carli Shannon (kaptein), Emma Schutte Agter vlnr: Anke Heyns, Elizbe Heyns, Luané Terblanche, Karli van Niekerk, Marilé Jonck, Siba Booi










