Hoërskool Kathu leerder skitter by die Robyne-netbalproewe
ADVERTISEMENT
Victodine April, een van Hoërskool Kathu se talentvolle o.17-spelers, het helder geskitter by die Robyne-netbalproewe in Upington. Ons is trots om aan te kondig dat sy gekies is as een van die 10 spelers vir die span wat ons in die All Ages-toernooi hierdie Junie verteenwoordig! Baie geluk, Victodine! Jou toewyding en vaardigheid maak ons steeds trots!










