Hoërskool Outeniqua se o.14A Netbal na SA Skole
ADVERTISEMENT
Die o.14 A netbalspan van Hoërskool Outeniqua het die naweek aan die Wes-Kaap Skole Kampioenskappe deelgeneem en het ‘n algehele vierde plek in die Wes-Kaap behaal. Hulle kwalifiseer om aan die SA Skole Kampioenskappe deel te neem. Julle is ware ambassadeurs van ons skool. Julle toewyding, passie en ontwrinkbare spanpoging het vrugte afgewerp. Die hele skoolgemeenskap is trots op julle en ons weet julle sal ons met trots verteenwoordig tydens die SA Skole Kampioenskappe.

Agter v.l.n.r: Amé Strydom, Sammy De Kock, Nika Kirstein, Leané Koen Middel v.l.n.r: Kara Van der Merwe, Juf Mandy Du Plessis Voor v.l.n.r: Hayley Joseph, Nelbi Slabbert, Rushmiya Juries, Jana Terblanche









