Laerskool Eversdal hou Opedag
ADVERTISEMENT
Op Saterdag, 8 Maart 2025, het Laerskool Eversdal sy deure oopgemaak vir toekomstige ouers om die skool te besoek. Ouers en toekomstige Evers het die geleentheid gehad om oral op die skoolterrein te beweeg waar hulle klaskamers, die sportveld, die Hub, swembad asook die Akwaponica besoek het. Die dag is afgesluit met ‘n draairoomys vir elke besoeker.






























