Bethlehem Voortrekker Hoërskool se swemmers is goed voorberei vir die seisoen
ADVERTISEMENT
Bethlehem Voortrekker Hoërskool se swemmers asook lede van die Bethseals swem klub het die afgelope week van die 6 -11 Januarie aan Simon Grey se Hellweek in Bloemfontein deelgeneem .
Dit is ‘n baie harde week waar die swemmers: Juniors tot Seniors tussen 50 en 80 km geswem het vir die week.Die laaste dag word afgesluit met die 5,8 of 10km swem! Ons swemmers het deurgedruk en is goed voorberei vir die res van die swemseisoen.
Foto: Agter (v.l.n.r.) – Erich Rautenbach, Botha Kruger, Albert Maritz. Voor: (v.l.n.r) – Leah van Rensburg, Minette Els, Simoné Pretorius, Elanri du Randt, Gaby Bishop (afwesig).
Gaby Bishop, ‘n leerling van BVHS en ‘n lid van die Bethseals swemklub, het die afgelope naweek aan die Nelson Mandela Bay Ope water Regional Champs in Jeffreys Bay deelgeneem. Sy behaal onderskeidelik ‘n 2de plek in die 3km en ‘n 3de plek in die 1,5km dogters 17-18 jaar.
Gaby Bishop










