Laerskool Durbanville goue atlete verdien plek in SA-skoleatletiekspan
ADVERTISEMENT
Silke Aucamp en Tiaan Janse van Rensburg atlete van Laerskool Durbanville is opgeneem in die SA-skoleatletiekspan wat 31 Augustus tot 3 September aan die COSASSA-spele in Bulawayo, Zimbabwe gaan deelneem. Silke was die SA-kampioen in die 800m vir dogters o.13, terwyl Tiaan die goue medalje in die Hoogspring-item vir seuns o.13 ingeoes het.
Hierdie aanwysing is ‘n welverdiende beloning vir hul harde werk, deursettingsvermoë en toewyding aan atletiek. Dit is ook ‘n besondere eer om Suid-Afrika op internasionale vlak te verteenwoordig en hul talent teen die beste jong atlete in die COSASSA-streek te meet.
Baie geluk aan Silke en Tiaan met hierdie uitstaande prestasie. Julle maak jul skool, afrigters, families en gemeenskap ongelooflik trots. Ons wens julle alle sterkte toe vir die COSASSA-spele en vertrou dat julle Suid-Afrika met trots sal verteenwoordig.










