HS Volksrust leerder hou skool se naam hoog
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Drian du Plessis, graad 9 Volkie, wat onlangs weer baie goed presteer het met gholf. Hy was een van die top 20 Mpumalanga Foundation spelers wat op 9 Oktober te Highland Gate gespeel het. Drian verwerf volle Mpumalanga o.17 kleure vir 2022 en word ook aangewys as die waardevolste Mpumalanga matchplay-speler vir o.17.

Graad 9A1, Drian du Plessis









