Fietsry ‘n eerste vir Laerskool Randhart
ADVERTISEMENT
Laerskool Randhart het geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer aan ’n fietsrykompetisie by Riversands Farm Village deel te neem. Ons fietsryers het hulself besonder goed van hul taak gekwyt. Met 31 deelnemers het Randhart ’n uitstekende 34ste plek uit 100 skole behaal. Vir ’n eerste wedren is dit ’n uitsonderlike prestasie wat getuig van harde werk, deursettingsvermoë en spantrots.Ons is ongelooflik trots op elke fietsryer wat hierdie mylpaal moontlik gemaak het.
















