Hoërskool Oos-Moot hengelaars presteer uitstekend
ADVERTISEMENT
Die naweek het Hoërskool Oos-Moot se hengelaars hulle 1ste byeenkoms gehad by die Vaaldam. Na ‘n vroeë oggend en ‘n lang dag met baie visse was Reuben Van Blerk 1ste uit 266 hengelaars! Baie geluk aan al die leerders wat baie goed gedoen het en baie suksesvol was. Ons sien uit na die volgende byeenkoms in Maart maand.
Dankie weereens aan ons borg Mirua Solar vir die uitrusting, ons hengelaars lyk netjies.























