Hoër Landbouskool Oakdale leerder as Kaptein van die 2025 Junior Protea-hengelspan aangewys
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Emile van Druten (Graad 11) van Hoër Landbouskool Oakdale wat as Kaptein van die 2025 Junior Protea-hengelspan aangewys is. Die span het in Augustus teen vyf en tagtig internasionale hengelaars in Zambia meegeding. Die Junior-span verower drie goue medaljes, waarvan Emile die medalje vir die mees verdienstelike vangs ontvang het, sowel as ‘n goue medalje as die algehele junior wenspan en beste boot. Na die oorwinning en tydens ‘n onderhoud met die Zambiese Televisie , beklemtoon Emile dat groot verantwoordelikheid vereis groot voorbereiding.










