Die beste skut in SA kom van Laerskool Bellville-Noord
ADVERTISEMENT
Laerskool Bellville-Noord is uiters trots op nog een van ons leerlinge wat puik presteer het in sport. Darius Vrey (gr. 5) het deelgeneem aan die SAHFTA (South African Hunter Field Target – in Afrikaans is dit Jagter Veldskiet) kampioenskappe te Gqeberha op 30 en 31 Maart 2024. Hier het hy teen die beste o.13-skuts van regoor Suid-Afrika meegeding en aan die einde van die kompetisie as SA o.13-kampioen vir 2024 uit die stryd getree. Sy gesamentlike telling oor die twee dae was die derde beste telling van die hele toernooi, en sluit al die ander oudersdomsgroepe se tellings ook in.
Darius se ouer broer, Hanco Vrey (tans in graad 11 in Hs Bellville) het tweede gekom in die o.18-kompetisie en is dus die tweede beste skut in daardie ouderdomsgroep in SA. Ook ‘n puik prestasie van ‘n oud-Bellville-Noorder waarop ons baie trots. Darius se volgende uitdaging waarop hy nou fokus is die WHFTO – World Championship 2024 waar hy teen internasionale skuts gaan meeding. Dit vind plaas in Oktober in die Paarl. Ons wens hom alle sterkte toe met die voorbereiding hiervoor.
Darius Vrey










