Hoërskool Upington bied Suksesvolle Skietkompetisie
ADVERTISEMENT
Hoërskool Upington het ‘n baie suksesvolle Liga 2 skietkompetisie op 8 en 9 April 2022 aangebied.
- Janko Botma kry twee silwer medaljes in die o.21 Sportergeweer se drie-posisie (525) en in 10m staan (346). Algeheel kry hy ‘n tweede posisie.
- Durin Smith kry twee brons medaljes vir die derde plek in o.16 Sportergeweer se 3-posisie en 10m staan.
- Martin Kotzé kry ‘n goue medalje in die o.21 Veergeweer se 10m staan (316). Algeheel kry hy ‘n tweede posisie.
- Rique Slabbert kry ‘n derde plek (brons medalje) in die o.21 Veergeweer se 3-posisie (457) en ‘n vierde plek in die staan (279).
- Johan Serfontein kry goue medaljes in die o.14 Veergeweer se drie-posisie (433) en in die 10m staan (269). Algeheel kry hy die eerste plek.










