Hoërskool Montana Fast5 Netbalspan Kwalifiseer vir SA’s
ADVERTISEMENT
Drie van Hoërskool Montana Fast5-netbalspanne het deurgedring na die Gauteng Kampioenskappe. Ons is baie trots op die o.17 BumbleBeez, wat die seisoen op gepaste wyse afsluit en in die derde plek eindig. Met hierdie wonderlike prestasie kwalifiseer hulle vir die South African Schools Netball (SASN) Fast5 Tournament, wat op 2 en 3 Oktober plaasgevind het. Welverdiend en baie sterkte met jul voorbereiding vir SA’s! Ons hou jul met groot verwagting dop. Baie geluk Monties.
![]()










