Uitstekende Skopboks resultate vir Hoërskool Dirkie Uys
ADVERTISEMENT
Uitstekende Skopboks resultate vir Hoërskool Dirkie Uys. Driaan Bosman het 27 Mei aan die RCFAI (Ring Contact Fighting Arts International) se nasionale toernooi deelgeneem en sy divisie gewen. Hy is nou die SA-kampioen vir RCFAI is sy divisie. Wat ‘n uitmuntende prestasie.
Driaan Bosman
Deanné Pienaar het 29-30 April Weskaap verteenwoordig by die WAKO Suid-Afrikaanse Skopbokstoernooi in Limpopo. Sy het aan 2 kategorieë deelgeneem en verwerf onderskeidelik ‘n 2de en 3de plek. Sy is ook tydens die toernooi gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig by ‘n internasionale geleentheid in Kaapstad wanneer SA teen Kanada gaan meeding. Baie geluk, en sterkte met die voorbereiding.
Deanné Pienaar
Deanné Pienaar










