Laerskool Randhart super 12 redenaars is beslis “fyn getrein”
ADVERTISEMENT
Op 10 en 11 Maart het die Rantie-sprekers tydens die jaarlikse Super 12-redenaars hulle uitstekend van hul taak gekwyt. Laerskool Randhart eindig algeheel vierde. Wat ‘n uitsonderlike prestasie! Baie geluk aan hierdie sprekers. Die volgende vier dogters, Taylin de Jong, Suné-Louise Prinsloo, Suené Pretorius en Ané Potgieter, het die Ranties se naam SUPER hoog gehou met die Super 12-spanredenaars. Hulle het ‘n fenomenale tweede plek behaal. Dogters, julle was beslis soos die tema van die redenaarsnaweek… ‘fyn getrein’!
![]()










