LS Saamtrek fietsry nommer 1 in Noordwes
ADVERTISEMENT
Laerskool Saamtrek se fietsryspan bereik hoë hoogtes! Samies-fietsry wen die Noordwes-liga in die finale rondte van die Battle of the Schools NW XCO skole-kampioenskappe op 3 September 2022. Uit 9 Laerskole wat deelgeneem het, het Saamtrek met ‘n welverdiende oorwinning uit die stryd getree en ons is baie trots op elke liewe ryer. Die Samie-span bestaan uit 53 ryers. Op 30 Julie 2022 het Saamtrek die King Price Trailseekers Laerskole Skolereeks Noordwes Provinsiale XCM te Van Gaalen kampioenskappe gewen. Tydens die kompetisie het hulle ook ‘n algehele derde plek uit al die provinsies behaal.
![]()










