Hoërskool Martin Oosthuizen-Landbouers leer spuit
ADVERTISEMENT
Die graad 11-leerders van Hoërskool Martin Oosthuizen is verlede week bederf met spuitpompopleiding deur VillaCrop. Me. Elandri Jordaan en mnr. Louis Reynolds (sien foto) het baie insiggewende inligting aan die leerders deurgegee.
![]()
Nie net het die leerders van die basiese werking van ‘n spuittenk geleer nie, maar ook van die absolute belangrikheid van die volgorde waarmee die chemiese middels in die spuittenks gegooi word. Daar is oor die funksies van verskillende spuitpunte (“nozzles”) gesels en geleer van die rol van benatter in die spuit van gewasse of onkruide.
Die prakties-georiënteerde aanbieding was baie suksesvol en die leerders van Hoërskool Martin Oosthuizen is baie bevoorreg om die interessante kennis te kon inwin.










