Werkersdag vir Hoërskool Volksrust Landbouwetenskap leerders
ADVERTISEMENT
1 Mei 2024 was ʼn ware werkersdag vir die graad 11 Landbouwetenskap leerders. Die ou kweekhuis is skoongemaak en die omheining en hek is deur die graad 11 seuns herstel. Me. Smit het ons gehelp om sowat 20 lêhenne te bekom vir ons Landbouprojek by die skool. Dit is altyd beter as ʼn leerder praktiese insae het in wat hy of sy in ʼn handboek lees. Die leerders sal in groepe verdeel word vir die versorging en skoonmaak van die hok. Die idee is om met “vryloop” hoenders te begin en die afvalkos uit die koshuis te benut as byvoeding. Besighede in die dorp is ook genader as onsersteuning in hierdie projek. Die landboutegniese afdeling se praktiese projek vir die jaar is die bou van lêhokke waarin drie tot vier lêhenne aangehou kan word. Die leerders sal dan die kans hê om na beide tipes hoenderboerdery te kyk.












