Afriforum en Matteus besoek Laerskool Bellville-Noord
ADVERTISEMENT
Woensdag, 8 Mei, het Afriforum Laerskool Bellville- Noord besoek en met ons kinders kom gesels oor die gevare van selfone en kuberboelies. Tania Scheepers het die leerlinge se aandag met haar passie en energie waarmee sy hieroor gesels het ten alle tye vasgehou. Sy het baie interessante feite en inligting oor onder andere die gevare van Whatsapp-boodskappe en ander gebruike van ons selfone met ons gedeel wat hopenlik vassteek by ons leerlinge.
Matteus, Afriforum se gelukbringer (“mascot”) het ook tot groot vermaak van die kinders kom inloer tydens haar verdere praatjie oor die wapenrusting van God en hoe ons dit prakties kan toegepas en aanwend in ons lewens. Sy het eers by die grondslagfase ingeloer, en daarna ook ‘n sessie met die graad 4 tot 7’s gehad.

Die Raad-van-leerders lede Robert Best (voor), Kaylib Aylward (hoofleier – links agter) en Keegan Moore help vir Roelof Botes wat as Afriforum se geluksbringer Matteus moes optree tydens Afriforum se besoek. Roelof sê dis nogal ‘n warm en interessante eerste ervaring vir hom om as ‘n geluksbringer op te tree













