Dié Hoërskool Ferdinand Postma atleet met die lang asem gaan van krag tot krag
ADVERTISEMENT
Dié Hoërskool Ferdinand Postma atleet met die lang asem gaan van krag tot krag. Isak Hitge, ‘n graad 11 leerder aan Hoërskool Ferdinand Postma in Potchefstroom, het die afgelope naweek vir die manne gewys waar Dawid die wortels begrawe het. Hierdie kranige jong atleet het die Vlakvark kompetisie in Klerksdorp kaf gedraf. Hy het algeheel tweede geëindig in hierdie 21km veldwedloop wat hy binne 1 uur en 30 min voltooi het. Welgedaan aan Isak, ons sien uit na dit wat die res van die jaar inhou!

Foto v.l.n.r: Isak se ma, Dr. Mariette Hitge, Isak Hitge, broer Thomas Hitge









