Hoërskool Despatch leerders presteer in debat
ADVERTISEMENT
Hoërskool Despatch se debatteerders wat in Stellenbosch aan die semi-finaal gaan deelneem het, het hul uitslae ontvang. Melody Kukkuk en Delano Schoultz, ons seniorspan, wen hul debat en verwerf ook die algehele 6de plek by die kompetisie. Dit wil gedoen wees, veral as mens in ag neem dat die eerste 5 plekke deur die groot Kaapse skole verower is.
Ons juniors, Mioné Jonker, Layla Te Brugge en Caliska Smith, het aan twee debatte deelgeneem. Hul verloor ongelukkig die een debat, maar wen die ander debat loshande. Siende die onderwerp oor landbou gehandel het, is dit natuurlik alte lekker dat hul die span van ‘n gesogte landbouskool GEWEN het. Beslis ‘n trotse dag vir ons 3 dogters. Baie geluk aan die debatteerders. Julle is gedugte spanne. Ons sien uit daarna om julle volgende jaar in aksie te sien.
![]()










