Wat gaan aan by Preller se Sirkel? Dis SIRKUS by Willem Postma
ADVERTISEMENT
Wat gaan aan by Preller se Sirkel? Dis SIRKUS! Willem Postma hou een keer in 6 jaar ‘n teater produksie waarby die HELE skool betrokke is. Die onderwysers is ongelooflik opgewonde en het die laaste week in die oggende by Willem Postma se hekke asook by die Albrecht straat sirkel toertjies gedoen om mense bewus te maak. Die sirkus vind die 14de en 15de Oktober in die Sand du Plessis Teater plaas. Sterkte aan al die onderwysers en Possies wat optree. Skakel gerus vir Benita Jacobs (bemarking@wpps.co.za / 076 059 1000) vir meer inligting.
![]()










