Hoërskool Volksrust hou weer ‘n suksesvolle VLR-braai
ADVERTISEMENT
Volkies hou weer ‘n suksesvolle VLR-braai
Na ‘n uitputtende eerste week van skool het Volkies Donderdagaand, 7 April, ‘n VLR-braai gehou. Leiers van Volkies het bymekaar gekom om bietjie pret te hê na ‘n besige kwartaal en voor ‘n nuwe kwartaal van harde werk. Daar was heerlike versnaperings en die vermaak van die aand het behels dat elke VLR-groep hul eie klein konsertjie moes hou. Julle was wonderlik gewees VLR’e en UK.
Baie dankie aan die twee beoordelaars, Juf. Carli Ernst en Juf. Marika Rossouw, wat die konserte van die aand beoordeel het. Baie dankie aan Juf. Mariaan Pringle vir die reëlings vir ons prettige braai. Laastens baie dankie aan elke VLR, UK-lid en voog wat die aand bygewoon het.
![]()
~Marnica Lamprecht~










