Die bekoring van die HS Ermelo-Towerbos sal lank onthou word
ADVERTISEMENT
Die bekoring van die HS Ermelo-Towerbos sal lank onthou word! ‘n Wonderwêreld van liggies en die mistieke atmosfeer van die majestuese eikebome by Kralinberg het die graad 12-leerders van Hoërskool Ermelo verwelkom vir hulle matriekafskeid. Verwelkomingsdrankies is onder die bome geniet. Die bos tema het deurgevloei na die onthaalsaal wat in ‘n sprokiesbos verander is met unieke, lewensgetroue replikas van bome wat spesiaal vir die funksie gebou is! Die dekor was ‘n perfekte samestelling van natuurlike kleure en teksture van hout, staal en gedroogde blomme. Dit is perfek gebalanseer met ‘n tikkie glans van glas en kristal.
Dit was voorwaar ‘n unieke eiesoortige geleentheid waar die Erries op ‘n gepaste wyse kon afskeid neem van hulle maats. Die presidente, Tiaan Grobler en Carla Ferreira, het hul afskeidsrede gelewer, waarna die skoolhoof, meneer Pieter Grobler, die leerders kon wegstuur met ‘n besonderse seën uit Psalm 1. “Jul sal wees soos bome geplant by waterstome, wat sal vrug gee op die regte tyd. Alles wat julle doen,sal julle voorspoedig uitvoer!” Graad 12’s van 2022 – dankie dat julle die Erries kon verryk met julle menswees! Ons wens julle net die beste toe vir ‘n mooi blink toekoms! Namens Hoërskool Ermelo wil ons al die ouers en onderwysers bedank vir ‘n baie spesiale geleentheid. Besondere dank aan Pieter en Nalisa Janse van Vuuren van Kralinbergh en Yonandi Saaiman vir die dekor. Dit was ‘n pragaand wat aangeteken word in die onthoujoernaal van baie spesiale geleenthede vir die Erries!

Die Towerbos-tema was uitsonderlik mooi uitgebeeld

Die Towerbos-tema was uitsonderlik mooi uitgebeeld

Nadine Changioun en Billy van der Walt

Aloné Arnoldi en Lood Geldenhuys

Raymodene Melord

Elandri Swart en Walter van der Walt

Bandile Nkosi

Sisanda Yende en Xolani Ndlela

Tiaan Grobler en Carla Ferreira, Presidente van 2022









