Hoër Landbouskool Boland matriekafskeid 2025 was onvergeetlik
ADVERTISEMENT
Hoër Landbouskool Boland Matriekafskeid 2025, met sy glansryke 007 Casino Royale-tema, was onvergeetlik.Die meisies het asemrowend gelyk. Hulle het soos regte Bond-meisies geskitter en het die rooi tapyt werklik in ‘n sprokie verander.
Ons matrieks van 2025 het die definisie van ‘handsome’ omskryf. Ons manne het spoggerig gelyk in hulle elegante pakke en het soos regte James Bonds gelyk.
Om van die vervoer nie eers te praat nie! Van ‘n reusagtige John Deere 9560r trekker en ‘n moderne Pellenc Optimum L8 druiweplukker tot ‘n piepklein drie-wiel tuk-tuk, die kreatiwiteit was werklik besonders. Die glinsterende luukse motors het ook die prentjie van hierdie perfekte aand komplementeer.
Dit was waarlik ‘n aand vir die boeke, gevul met onvergeetlike herinneringe, lekker dans, kuier saam met broers en skaterlag.Baie dankie aan die matriekklas van 2025!























































