Groot Interjol 2024: Hoërskool Duineveld o.19 A hokkieseuns
ADVERTISEMENT
Kom ondersteun die hokkiespanne 5 Augustus. AWSUM het met hulle afrigter Pieter Jooste gesels.
Wat kan die skool en ouers Interjol van julle span verwag? Die ouers en die skool kan ’n goeie wedstryd te wagte wees. Vanjaar weeg beide skole se eerstespanne baie gelyk teen mekaar op en enige van ons kan op die dag as oorwinnaars uit die stryd tree. My span speel tot die eindfluitjie blaas en gaan lê nooit nie, en die ouers en ondersteuners sal dit duidelik kan sien.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? Ons span is werklik fiks vanjaar en die seuns gee hulle alles vir die volle 60 minute. Ons eindig net so sterk soos wat ons begin het, en dit is beslis ’n voordeel om fiks in hokkie te wees.
Wie het die grootste invloed op jou as afrigter in jou lewe gehad? Is daar iemand na wie jy opkyk? Ek het nie ’n persoonlike afrigter waarna ek kan verwys nie, maar my afrigting is baie geformuleer in lyn met die Australiese metodiek. As ek iemand kan uitsonder sal dit Eddie Jones wees, en ek geniet ook Paddy Upton se benadering tot sportafrigting.
Watter boodskap dra jy aan jou span oor net voor hulle op die baan hardloop? Dit klink soos ’n cliché, maar ek sê
gewoonlik vir die seuns om op te gaan en die wedstryd te geniet. Daar is altyd druk om te presteer, maar ek glo as jy sport kan
speel vir die genot wat dit aan jou bied, sal jy altyd iets uit die wedstryd saam kan neem, wen of verloor.
o.19 A
Lees die spesiale koerantuitgawe vir die toernooi hier.


























