Groot Interjol 2024: Hoërskool Duineveld o.19 A netbalspan
ADVERTISEMENT
Kom ondersteun die netbalspanne 5 Augustus. AWSUM het met hulle afrigter Madré Steyn gesels.
Wat kan die skool en ouers hierdie Interskole van julle span verwag? Die Chillies is gereed om goeie, kompeterende netbal te speel. Elke speler het hoë verwagtinge gestel, so ek glo uitmuntende netbal gaan gespeel word.
Hoe berei julle span in die week tot aanloop van Interjol voor? Ons gaan probeer om fokus te behou op dit
wat belangrik is en die laaste afrondingswerk te doen. Die span is fiks, gesond en reg om alles op die spel te sit, fisies en emosioneel.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? Ons krag lê beslis in die vermoë om as ‘n span saam te werk en nooit op te gee nie.
Wie het die grootste invloed op jou as afrigter in jou lewe gehad? Is daar iemand na wie jy opkyk? Tannie Tokkie Oosthuizen het beslis die liefde vir netbal by my geplant, sy was my afrigter op skool.
Watter boodskap dra jy aan jou span oor net voor hulle op die baan hardloop? Volhard en oorwin, gee ALLES of niks!
o.19 A
Abriëlle de Witt
Clarise Barnard
Carmi Liebenberg
Carla Kuhn
Tersian Oberholzer
Zandri Brink
Zanelle Brink
Jeanne Coetzer
Yolanda de Kock
Stephanie Kruger
Lees die spesiale koerantuitgawe vir die toernooi hier.










