Op die AWSUM rusbank met Hoërskool Nylstroom se hoofseun vir 2022
ADVERTISEMENT
Op die AWSUM rusbank met Hoërskool Nylstroom se hoofseun: Matthew Heyneke
Baie geluk met jou verkiesing as hoofleier by jou skool. Waarna sien jy die meeste uit tydens jou tydperk as leier by jou skool? Ek sien die meeste uit na die voorreg om my skool en mede-leerlinge te lei. Ek sien ook uit daarna om met die nuwe graad 8-gesiggies te werk en hulle deel te maak van die Nylie-familie.
Wat sou jy sê is jou sterk- en swakpunte?
- Sterkpunte: Ek is hardwerkend, lojaal en vol energie.
- Swakpunte: Ek is soms ongeduldig, raak vinnig verveeld en kritiseer myself te veel.
Is daar enige iets wat jy graag sou verander by jou skool? Ek sal die kinders graag meer betrokke wou hê by die skool se aktiwiteite en byeenkomste.
Wat geniet jy die meeste van jou skool? Die gees en tradisies onder die leerlinge.
Enige boodskap van aanmoediging vir jou mede-leiers? Die pessimis kla oor winde. Die optimis verwag dat die winde gaan verander. Die leier verstel die seile.
Wie is jou rolmodel? My rolmodel is Steve Cook.
Wat is jou planne vir na skool? Ek wil graag medies by die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein gaan studeeer.
As jy ‘n super-hero kon wees, wie sou dit wees en waarom? The Flash want ek hou van spoed.
Op ‘n normale Saterdag, sal ons jou kry by… iemand se huis saam met vriende.
Wie is jou Hollywood ‘celeb crush’? Emma Watson.
Kies een:
- Netbal, rugby, krieket of hokkie? Rugby
- Cappuccino, warm sjokolade of tee? Cappuccino
- Braai saam met vriende of ‘n wegneemete? Braai saam met vriende
- Vir ure lank jou gunsteling TV-reeks kyk of ‘n musiekfees bywoon? Musiekfees
- Andriod of iOS? Android









