5 Hoërskool Witteberg hokkiespelers ingesluit in die internasionale toerspan
ADVERTISEMENT
Die 1ste meisies hokkiespan het vanjaar weereens die jaarlikse Wes-Kaap toer aangepak. Die meisies het hul eerste stop op Graaff-Reinet gemaak by die Union High se jaarlikse sporttoernooi waarna hul vertrek het na Durbanville om deel te neem aan die Fairmont Hockey Festival.
Die meisies speel `n totaal van 10 wedstryde in sewe dae en wen 6 van die 10. Kragte was gemeet teen onder andere Fairmont High, Windhoek Gimnasium, Worcester Gimnasium, LaRochelle Girls High en ander groot Wes-Kaap skole. 5 Hoërskool Witteberg hokkiespelers is ingesluit in die internasionale toerspan.
- Ivé van der Westhuizen
- Ané Beneke
- Amy Kotze
- Rethabile Motahane
- Evané du Toit














