Bethlehem Voortrekker Tennis uitblinkers
ADVERTISEMENT
Bethlehem Voortrekker Tennis uitblinkers. Anke Heyns verteenwoordig die Vrystaan Meisies o.18 tennisspan die 18de tot die 22ste in Petoria. Sy wen al haar enkels en verloor net een dubbels en gemengde wedstryd. Die Vrystaatspan eindig 2de nadat hulle die knie moes buig teen Gauteng Central. Dit is die beste wat die Vrystaat nog gedoen het. Anke dit is ‘n uitstekende prestasie. Baie trots op jou!
SA Junior Nationals in Bloemfontein 30 Maart – 3 April
3 van BVHS se tennisspelers het die afgelope vakansie aan die toernooi deelgeneem. Cayla Scheepers en Anke Heyns het aan die Meisies 0.18 deelgeneem. Cayla eindig 11de en Anke 21ste. Hulle het ook saam in die dubbels deelgeneem en het in die 2de rondte uit geval. Heindre Serfontein neem ook aan die kompetisie deel, maar in die seuns o.15. Hy eindig 21ste. Nie een van die 3 spelers kon hulle laaste wedstryd speel as gevolg van reën.










