Worcester Primêre Skool toutrekkers wys hul staal
ADVERTISEMENT
Hierdie leerders van Worcester Primêre Skool is deel van die Bosvarkie Toutrekklub. Die klub is in Januarie 2022 begin. Met baie harde werk en bekwame afrigting het hulle baie goeie vordering getoon in ’n kort tydperk. Die leerders het op Saterdag, 4 Maart, aan die WP/Wynland Kampioenskappe deelgeneem en gaan 18 & 19 Maart aan die SA Kampioenskappe te Malmesbury deelneem.
a.l.n.r.: Nuha Cader en Juan Lotriet
v.l.n.r.: Jeremiah Nel, Dyllan Snyman en Matéo de Lange










