Toutrek prestasie vir Worcester Gimnasium
ADVERTISEMENT
Toutrek prestasie vir Worcester Gimnasium. Ons is baie trots op mev. Steffie Visser wat gekies is as die Protea-afrigter van die 500 kg o. 23 dames-span 2025, wat aan die TWIF Junior Wêreldkampioenskappe in Nottingham, Engeland in 2025 gaan deelneem.

Steffie Visser
ToutrekOp 26 – 27 Julie het vier van ons leerders aan die Senior Toutrek SA-kampioenskappe in Ashton in die Wynlandspanne deelgeneem. Alle provinsies neem deel per gewig afdeling, die top 4 kom in die premiere afdeling, 5de tot 8ste plek in die president afdeling en 9de tot 12de plek in die plaat afdeling.
Die volgende is verower:
- Fredrick Herzog:goud in 600 kg B mans o. 23, president en goud in 560 kg C o. 23 gemeng plaat.
- Leneeq Visser:brons 500 kg C dames plaat, silwer 540 kg B dames plaat en brons 560kg D o. 23 gemeng plaat.
- Susan Reid:brons 560 kg D o. 23 gemeng plaat en brons 500 kg dames plaat.
- Zenobia Bezuidenhout: silwer 540 kg B dames plaat, die uitstekende resultant van goud in 500 kg o. 23 dames premiere en goud 500 kg dames premiere.













