Hoërskool Robertson toutrekspan maak trots
ADVERTISEMENT
Hoërskool Robertson het op Saterdag, 29 Oktober, aan ‘n toutrekbyeenkoms by die Helderberg-toutrekklub in die Strand, deelgeneem. Meer as 120 spanne het aan hierdie byeenkoms deelgeneem en Robertson het baie goed presteer. Ons het die volgende uitslae behaal: In die seunsafdeling is die volgende prestasies behaal: Die 440 kg-span eindig 6de; die 480 kg, 560 kg en 600 kg-spanne eindig 4de en die 520 kg-span eindig 3de. Die meisies het die volgende prestasies behaal: Die 520 kg-span eindig 4de; die 440 kg-span eindig 3de en die 480 kg-span eindig 2de.
Ons 520 kg gemengde span het ook 3de in hul kategorie geëindig. Ons is baie trots op almal se prestasies.










