Worcester Gimnasium leerders vaar puik by die Toutrekkampioenskappe
ADVERTISEMENT
Drie van Worcester Gimnasium leerders het aan die Wes-Kaap Klub Toutrekkampioenskappe in Swellendam deelgeneem.
Hulle het die volgende prestasies behaal:
Leneeq Visser van BAR Vallei:
- Brons 500 kg o. 23 dames
Nuha Cader van Goudini:
- Goud 540 kg dames, Goud 500kg o. 23 dames
Zenobia Bezuidenhout van Goudini:
- Goud 500 kg dames, Goud 540 kg dames, Goud 500 kg o. 23 dames.
Goudini is die vroueklubkampioene van die dag. Kodehoof Steffie en afrigters Monique en Jessica was deel van die Goudini damesspanne wat goud gewen het.
Hierdie is ‘n uitsonderlike prestasie en ons wens al die leerders wat lede is van seniors sterkte toe vir die res van die kampioenskappe wat voorlê.













