Worcester -Noord Primêre Skool atletiek Kampioenskap uitslae
ADVERTISEMENT
Worcester-Noord Primêre Skool atlete het die afgelope naweek aan die Worcester Kampioenskap deelgeneem en baie goed gevaar.
Die uitslae is as volg:
– 18 eerste plekke
– 12 tweede plekke
– 12 derde plekke
Ons o. 10 seuns verower brons vir hul afloswedloop en o. 13 meisies verower goud.
Uit elke ouderdomsgroep word daar ‘n meisie en seun aangewys as die Worcester Kampioen. Die volgende atlete het ‘n beker ontvang vir dié uitmuntende prestasie:
- o. 10 – Johan Jooste
- o. 11 – Isabella Vermaak
- o. 13 – Zeta George
32 van ons atlete dring deur en vorm deel van die Noord-Bolandspan wat eerskomende naweek aan die Noord-Boland byeenkoms te Boland Park deelneem.
Uit 35 skole eindig ons Noordjies algeheel derde!Ons is verskriklik trots op elke liewe Noordjie-atleet wat deelgeneem het! Baie dankie vir jul toewyding en sterkte met jul verdere voorbereiding.
























