Voorbereidingskool George neem deel aan die SALA Nasionale Finaal 2025
ADVERTISEMENT
Wat ’n ongelooflike prestasie vir Voorbereidingskool George Preparatory , 36 Voories-leerders wat vanjaar aan die South African Literacy Association (SALA) se Nasionale Finaal deelgeneem het!
Met 9 redenaars en 27 Graad 3-leesleerders wat almal deurgedring het na die nasionale rondte, het Voories opnuut bewys dat ons leerders nie net hard werk nie — hulle spreek, lees en glo met selfvertroue en karakter!
𝑯𝒐𝒐𝒈𝒕𝒆𝒑𝒖𝒏𝒕𝒆:
- Keziah Steyn – National Winner: Prepared Reading (English HL)
- Elizabeth Strauss – Wenner: Voorbereide Lees (Afrikaans Huistaal)
- Ané du Plessis – Wenner: Graad 2 Redenaarsafdeling
𝑻𝒘𝒆𝒆𝒅𝒆 𝒑𝒍𝒆𝒌𝒌𝒆:
- Hannah Snyders (Gr.1)
- Abigail Hattingh (Gr.3)
- Liam Steyn (Gr.2)
- Marlé Strauss (Gr.2)
- Wynand Loftus (Gr.3)
- Aasiya Wehiliye (Eng. HL)
- Zanthea Marx (Gr.3)
- Paul van der Watt (Gr.3)
𝑫𝒆𝒓𝒅𝒆 𝒑𝒍𝒆𝒌𝒌𝒆:
- Daniel Jansen (Gr.2)
- Tersia Spies (Gr.3)
- Vierde plekke (Engels & Afrikaans)
- Keira Schmidt (4de), Aaliyah Roelfse (4de)
Elke Voories-redenaar het ’n plek in die Top 5 van hul ouderdomsgroep behaal ’n merkwaardige prestasie vol trots, harde werk en toewyding! Baie geluk aan elke deelnemer, en dankie aan ons toegewyde onderwysers vir hul begeleiding en geloof in elke kind se stem.




















