Uitmuntende netbal afsluiting Laerskool Cradock vs Laerskool Verkenner
ADVERTISEMENT
Laerskool Cradock sluit ñ vol netbalseisoen af op ñ koue wintersoggend op Cradock.Die o.10A-span het die seisoen op ‘n hoogtepunt afsluit. Hulle het uitstekende netbal gespeel en wen Verkenner 13-4. Laerskool Cradock se o.11A-span verloor 6-14 teen ñ baie sterk span van Verkenner. Die o.12A dogterspans speel ‘n goeie wedstryd. Hulle wen 16-6! Die o.13A-span het met ‘n opwindende, vreesaanjaende wedstryd afgesluit. Ons verloor wel 15-18. Baie dankie vir elke speler en ondersteuner vir ñ goeie seisoen langs die baan.













