Hoërskool Swartland netbalspelers vaar uitstekend in Weskusspan
ADVERTISEMENT
Tydens die Interdistrikte Netbaltoernooi wat 2-5 Julie te Riversdal plaasgevind het, het Weskus uitstekend gevaar. Hulle uitslae was as volg:
Maandag
Weskus wen Cape Town Doves 40 – 30
Weskus verloor Cape Winelands 22 – 38
Dinsdag
Weskus wen Eden 34 – 31
Weskus wen Cape Town Disas 43 – 29
Woensdag
Weskus wen Overberg 38 – 32
Weskus o. 18 ontvang ‘n silwer medalje. Chloe Lottering, Toné Malherbe en Zetè Adams was deel van hierdie span met me Suzette Visser as hul afrigter. Hoërskool Swartland is trots op hul leerders.
![]()
Die Weskus o. 17 span behaal ‘n vierde plek. Anike van der Merwe, Lize-Mari Batt en Janke Kotze was deel van hierdie span.
Weskus o. 16 eindig in die vyfde posisie. Christina van der Merwe was deel van hierdie span.
Weskus o. 15 behaal ook ‘n vierde plek. Sunèl de Bruyn was ingesluit in hierdie span.










