Laerskool Krugerpark hou Mini Netbaldag
ADVERTISEMENT
Mini-netbalspanne het deelgeneem aan Laerskool Krugerpark se Mini-Netbaldag. Die dogters het hul harte uitgespeel, met glimlagte, spanwerk en deursettingsvermoë. Ons is ongelooflik trots op elke speler wat die seisoen mooi afgesluit het.Baie dankie aan Laerskool Krugerpark vir die wonderlike dag.













