Die Hoërskool Brandwag o.17-netbalspan is deur na die nasionale kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Die Brandwag Hoërskool se o.17-netbalspan wat ’n uitstekende tweede plek by die Provinsiale Skolekampioenskappe behaal het! Hierdie prestasie verseker hul ‘n plek by die Nasionale Skolekampioenskappe wat in Augustus plaasvind – ’n besonderse beloning vir maande se toewyding, opoffering en harde werk.
’n Span bereik egter nie sulke hoogtes sonder sterk leiding nie. Ons wil graag ook erkenning gee aan die visie, passie en toewyding van hul afrigters, Mothira Mohammad (ook ‘n TNL-speler) en Danika Marais (beide ook Divas) wie se geloof in die spelers en strewe na uitnemendheid ’n groot rol in hierdie prestasie gespeel het.
Ons is ongelooflik trots op hierdie groep jong dames wat Die Band van Grys en Groen met trots uitleef. Sterkte met die voorbereiding vir die Nasionale Kampioenskappe – ons staan vierkantig agter julle!














