Twee leerders van HS Zwartkop deur na Artistatue Redenaars Finaal
ADVERTISEMENT
Hoërskool Zwartkop is ongelooflik trots op twee van ons talentvolle leerders, Amoné Roux en Renske Roux, wat deurgedring het na die Afrikaans- en Engels-Artistatute Redenaarsfinaal, wat van 27 tot 29 Augustus 2026 sal plaasvind.
Hierdie uitsonderlike prestasie getuig van julle harde werk, deeglike voorbereiding, deursettingsvermoë en uitstekende vermoë om met selfvertroue en oortuiging voor ‘n gehoor te praat. Julle toewyding en passie vir redenaars is ‘n inspirasie vir julle medeleerders en ‘n bewys dat volharding beloon word.
Ons wens julle alle sterkte toe vir die finaal. Mag julle elke geleentheid aangryp om julle talente ten volle te benut en Hoërskool Zwartkop met trots, waardigheid en uitnemendheid te verteenwoordig. Baie geluk met hierdie besondere prestasie!










