Terug blik na Laerskool Baillie Park Koster Rugbydag
ADVERTISEMENT
Die stof het dalk al gaan lê sedert Laerskool Baillie Park vroeër vandeesmaand by die Koster Rugbydag gaan kuier het, maar ons is steeds ongelooflik trots op ons spanne se vertonings daardie naweek!
Dit was ‘n heerlike dag van rugby waar ons seuns gewys het wat in hulle steek:
Ons O.9’s het die dag afgeskop met ‘n skitterende wegholoorwinning teen Hekpoort. Wat ‘n manier om julle stempel af te druk!
Ons O.11B-span het groot karakter en deursettingsvermoë gewys in ‘n baie taai kragmeting teen ‘n sterk Burgersdorp O.11A span.
Selfs al is dit ‘n rukkie terug, wil ons net weer sê: Welgedaan, manne! Julle maak Baillie Park trots










