Hoërskool Volksrust leerders ontvang Gert Sibande Halfjaar Akademiese Toekennings
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Meliné Delport en Prince Kusi wat op grond van hul hoë akademiese punte vir die Junie eksamen uitgenooi was na die Gert Sibande Halfjaar Akademiese Toekenning.
Meliné eindig 4de in kwantiel 3 en 4 skole en Prince is op die Top-presteerders lys. Hoërskool Volksrust is baie trots op hierdie twee matrikulante. Beide ontvang sertifikate en Meliné word ook met ʼn skootrekenaar beloon.A










