Tennis uitslae Laerskool Aliwal-Noord VS Queens en Balmoral
ADVERTISEMENT
Donderdag 24 Oktober het ons eerste-, tweede- en onder 10-spanne teen Queens en Balmoral in Queenstown gaan speel. In warm toestande het die spelers hulle beste gegee en goeie tennis gespeel. Daar is enkels en dubbels gespeel. Die seuns het na ‘n harde dag se tennis die stryd teen Queens verloor, maar die meisies het gewys wat in hulle steek en ‘n goeie oorwinning oor Balmoral behaal. We want to thank Queens and Balmoral for a great day of tennis and good sportsmanship.












